UA-25019802-3

Uitkyk word aangewys as die beste slaghuis in die land

Tydens die jaarlikse Cleaver Awards is Uitkyk Vleismark as die nasionale wenner in die Platinum kategorie, as die beste slaghuis in die land vir 2013, aangewys. Dit is egter nie die eerste keer dat hierdie slaghuis met die spog toekening wegstap nie, maar het dit reeds tweekeer van tevore ontvang. Dit is ook die sewende agtereenvolgende jaar dat Uitkyk as die beste slaghuis in Noordwes aangewys word.

Namens die Lichtenburg Sakekamer wil ons vir Susan Ludick en haar span gelukwens met hierdie spogprestasie.