Wat is die doelstelling van die Lichtenburg Sakekamer?
- Om samehorigheid en groei onder sakepersone te skep
- ‘n Verbruikersvriendelike omgewing te skep
- Welvaart te skep
- Ekonomie van Lichtenburg te help bevorder
- Die behoeftes van die verbruiker en sakepersoon aan te spreek
- Te skakel met ander organisasies soos die Afrikaanse Handels Instituut
Wat is in dit vir my?
- Oneindige advertensiemoontlikhede, soos die Lichtenburg Sakekamer Kalender, die Lichtenburg Sakekamer Webwerf (www.lichtenburgsakekamer.co.za) borgskappe, funksies, golfdae, nuusbriewe en kompetisies.
- Direkte interaksie met ander lidmaatskappye van die Lichtenburg Sakekamer.
- Toegang tot relevante funksies soos die Begrotingsredefunksie wat lede inlig oor die land se ekonomiese stand.
- Pryse om te wen by die Sakepersoon/onderneming van die jaar asook die Lichtenburg Sakekamer Fotokompetisie.
- U naam verskyn op ons webwerf
Is dit bekostigbaar?
In die huidige ekonomiese toestand kos dit steeds net R350 per jaar per lid om voordeel te trek uit al hierdie geleenthede.